Terme en voorwaardes

  • Die sluitingsdatum vir benoemings is 11 September 2015
  • Slegs aanlyn inskrywings(op clarins.sarie.com) sal aanvaar word. Inskrywings per faks, geregistreerde pos, e-pos of enige ander manier as gespesifiseer sal gediskwalifiseer word.
  • Foto’s moet in kleur wees, jpeg-formaat en nie groter nie as 4 MB. Ons sal slegs foto’s in dié formaat aanvaar. As jy nie self die foto’s kan kleiner maak nie, kan iemand dit vir jou doen.
  • Benoemdes moet hul benoeming aanvaar, asook die terme en voorwaardes.
  • Benoemdes moet Suid-Afrikaanse burgers wees
  • Benoemdes moet met behoeftige Suid-Afrikaanse kinders werk of met ’n nieregeringsorganisasie of liefdadigheidsorganisasie.
  • Alle inskrywings sal deur paneel gekies word wat deur Clarins / SARIE / Fairlady / True Love gekies word.
  • Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen gesprek of korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  • Die wenner en die finaliste moet bereid wees om afgeneem te word en onderhoude te doen.
  • Werknemers en hul gesinnevan Media24 en Clarins en hul reklame-, advertensie- en digitale maatskappye mag nie aan die wedstryd deelneem nie.
  • Die wedstryd is oop vir alle lesers in Suid-Afrika.
  • Die wenner en benoemer moet bereid wees om in Februarie 2016 die toekenningseremonie in Johannesburg by te woon.